DIE DUIWE VAN DAAN EN BETTIE NEL Denbelofts bestaan uit twee hokke, twee families duiwe. Danie se duiwe is Janssen en Catrijsse dominant. Die stamvader van die familie is egter 'n Thone/de Leus - Desmet Matijisse mannetjie, "3805" en die stam moeder is 'n Catrijsse wyfie met die naam "Remingson'. Die prominente Janssen mannetjie se naam is "KJ" (Klein Janssen). 'n De Klak geteel deur Piet Manders in Nederland. Silvere Toyes met 'n sterk Gabby vann de Nabeele agtergrond (Majoor), word nou ingebring en sal veral met Janssens gepaar word. Bettie se hok is gebaseer op 'n Sierens/Houben mannetjie, "968", wat geteel is deur Andre Carelsen. Saam met hom vorm twee wyfies wat dood is die verdere basis. "64653" (Witogie) 'n Verstraete/Toye wyfie uit die hok van Dr Jaap Nel en 'n Rijkardt/Thone wyfie (Die Grizletjie), ook uit die hok van Dr Jaap Nel. 'n Span Silvere Toyes en Houbens vorm die verdere kern van haar hok. Kontak ons by danien46@telkomsa.net | ||||