Nota - Die artikel word geskryf terwille van rekordhouding.
“Daar is darem niks wat Janssens kan klop nie” aan die woord is ‘n legende in die duiwesport nadat dit tydens die verwerking van die uitslae vroeg duidelik geword het dat hy die eerste drie plekke vanaf Trompsburg, 350km, sou wen. Ek was besig met wedvlugadministrasie toe hy die opmerking maak reg agter my. Ek het net daar my bloedig vererg. Dit was maar die derde wedvlug wat ek in my lewe gevlieg het, kon nie glo dat daar beter duiwe as myne in Suid Afrika kan wees nie, het nie eers 'n enkele blouband duif in my hok gehad nie, en het beslis geen Janssens gehad nie. "Ekskuus!!" sê ek toe. "Dit is darem 'n wilde stelling om te maak."
Ek het hom daardie jaar verkeerd bewys. Ek was die klubkampioen in my eerste jaar van deelname. Toyes, De Leus, Neuscwanders en Thones. Duiwe wat ek by my broer gekry het. Hulle vorm vandag die basis van my hok, en ek noem hulle die Richmond Clan.
My ideal is steeds om duiwe te teel wat goed sal vaar by Enkel Hokke. Ek glo dus dat die duiwe wat ek teel moet kan presteer op afstande tussen 550 en 650km.
Ongeveer drie jaar gelede het ek 'n artikel in die SA Duiwe Nuus gelees wat geskryf is deur Dr Gavin Rous van Noupoort…ek dink. In die artikel het hy 'n stelling gemaak waarin hy die mening uitspreek dat as jy goed wil vaar by Enkel Hokke jy spoed by jou duiwe MOET in teel. Hy het genoem dat Janssens ideal is vir die doel. Ek het dit ter harte geneem. Ek het ook gemerk dat veral by Sun City omtrent al die wenners meer of minder Janssen gene vervat.
Ek het Dr Rous se mening ter harte geneem en begin Janssens soek. Ek is bevoorreg om 'n broer te hê met goeie duiwe. Dr Jaap Nel het vir my twee Janssen mannetjies gegee. Beide is geteel in Nederland deur Piet Manders. NL 01 1996228 en NL 01 1996205. 228 het ek 'n naam gegee. "KJ" In kort vir Klein Janssen. Moes toe vir 205 ook 'n naam gee en hy het "AJ" geword Die Ander Janssen.
KJ is onmiddelik by "Eksopad", 'n Janssen/Cattrysse wyfie geplaas. Hulle eerste rondte het 12111 opgelewer wat 3x1ste plekke gevlieg het voor sy deur jagters met hael gewere geskiet is. KJ het ook baie goed met Remingson gekliek. 'n Mannetjie van hulle het twee Saterdae agter mekaar 1ste plekke gevlieg. Ek het hom later in Natal verloor.
Beide KJ en AJ is De Klak dominant. Later het ek gelees dat Jos de Klak se strewe was om langpad duiwe met Janssens te teel. Hy was soos almal weet uiters geslaagd.
Later het ek drie De Klaks, sonder pedigree, by Willie Le Hanie in Parys gekry. Die eerste wyfie, 331, het uitstekend ingepas by die Richmond Clan en dood eenvoudig 1ste plekke geteel. Ook saam met KJ. Die ander twee De Klaks, 2399 en 2400, was nesmaats. Hulle is sonder twyfel "skoon" De Klaks. Hulle werklike oorsprong verkies ek om vir myself te hou, om persoonlike redes. Hulle voorouers is direk van Jos de Klak ingevoer. Broer en Suster. Uitstekend gevlieg in hul eerste jaar. In 2009 en 2010 het die wyfie 2399, 1ste plekke gevlieg. Op 17 Julie 2010 het hulle inteel kuiken, 'n wyfie, ook 'n 1ste plek gevlieg. Dit het my laat besluit om nie een van die twee duiwe weer aan 'n wedvlug te laat deelneem nie.
Intussen het ek 'n 3xwenner by Fred van Heerden in Sasolburg gekery in ruil vir 'n Toye wyfie. Fred het ook vir my twee Janssen kuikens gegee, oorspronklik uit die hokke van sy vader en Frans Fouche. Sy opdrag aan my was om hulle direk broeihok toe te vat. By my werk dit nie so nie. 'n Duif moet eers wys hy kan….vlieg, voor hy die voorreg kan kry om te broei. Die twee kuikens het aan twee wedvlugte deel geneem en twee Saterdae agter mekaar onder die eerste drie plekke in die klub gekom.
Die afgelope saterdag, 17 Julie was die eerste duif terug in my hok vanaf Naboomspruit, 'n kuiken van KJ en Eksopad (2203), in die Ope, en 'n kuiken van 2399 en 2400, in die JO (5076) .
Nou was die vet in die vuur. Danie gaan Janssens steel!! Miskien was die oubaas reg.
Ek het vandag, 21 Julie 2010 begin om 'n broei-hokkie te bou vir my Janssens.
My Janssens sal geteel word uit die volgende duiwe :